6 maande gelede
Waag en swem
BEDEK ALLES: Dié swempakkie is perfek vir die voller figuur.  ~ mrp.com

DIS daardie – vir sommiges gevreesde – tyd van die jaar ... Die tyd vir swemklere langs die swembad of op die strand.

Swemdrag is vir baie van ons, ongeag ons size, dié klere waarin ons baie selfbewus voel.

Wat jy ook al doen, moenie in gewone klere swem omdat jy selfbewus is nie.

Ek hou van swem en het ook insecurities as dit by my somerlyf kom, maar nog nooit het ek met klere aan geswem nie. Dit bederf net die swem-ervaring.

As jy vreeslik selfbewus is, begin stadig – maar begin altyd met jou swembroek. Dra dit met ’n shorts, sarong of kaftan.

Daar is deesdae oulike goedjies wat jy oor jou kostuum kan gooi en dit sommer van swemdrag tot by ’n fabulous aanddrag kan transformeer. Mits jy ’n paar gemaklike hakke of deftige sandale daarby aantrek.

Ek het ’n paar bikini’s aanlyn gaan soek vir vroue met ’n groter borsmaat, asook oulike, voller swembroeke wat die boude lekker bedek.

Onthou, daar sal altyd mense wees wat hulle besig hou met hoe ander lyk. Jy moet hulle net ignoreer en jou lyf ’n lekker tyd gee!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters