7 maande gelede
Vergeet die boom
modern: Dié unieke Krismisboom uit ’n ou palet is pragtig, kompak en maklik om self te maak. Foto: redheadcandecorate.com  ~ 

KRISMIS is om die draai en dis tyd om daai vrolike Krismisboom af te stof en op te sit.

Maar wat as jy uitgekuier is aan die tradisionele groen Kersboom met die blink rooi, groen en wit balle?

Moenie stres nie! Ons het vir jou ’n paar pragtige, moderne­ DIY-idees vir Kersbome gaan soek.

Jy en jou kinders kan hope pret hê met die maak van julle eie Krismisboom.

Jy kan die klôgoed se hande in verf druk en hulle handafdrukke in die vorm van ’n Kersboom op ’n doek laat druk en dit teen jou muur ophang.

Moet ook nie dink hout is net daar vir vuurmaak nie. Jy kan houtstompe in die vorm van ’n Kersboom teen die muur vasmaak en dan oulike Kersversiersels daaraan laat hang. Pak dan die Kersgeskenke netjies onder op die grond.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters