Verlede maand
Verbruikers se skuldlas enorm
PLAN VAN AKSIE: Jy kán begin om jou finansies in orde te kry.  ~ istock/getty images

IN ’N oogwink het Desember gekom en gegaan. Was die glans van die 2019-feestyd finansieel die moeite werd?

'n Oormaat van rekeninge en die verantwoordelikheid om krediet af te betaal, is geensins maklik of enige iemand se droom nie.

Maar dink jy nie dat 2020 die ideale tyd is om jou finansiële situasie om te keer nie?

Dit is nóú die tyd om in te gryp as jou finansiële state op die oomblik nie weergee wat dit veronderstel is om te weerspieël nie.

Hoe gouer jy jou finansies behoorlik bestuur, hoe groter is die kans dat jou skuld nie buite beheer raak, of bly, nie.

“Die skokkende R1,9 biljoen uitstaande verbruikerskrediet, soos deurgegee deur die Nasionale Kredietreguleerder (NKR), skets 'n skrikwekkende prentjie.

“Deur pro-aktief te wees en jou finansiële jaar se besluite en doelwitte met erns aan te pak, is vir seker ? top-prioriteit. Dis die ideale tyd om jou mini-ekonomie aan die gang te hou en te verhinder dat jy deel uitmaak of deel word van hierdie statistieke,” meen Carla Oberholzer, ’n skuldadviseur by DebtSafe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters