25 dae gelede
Try om só binne jou budget te bly
moeilike dae: Moenie iets koop wat jy nie nodig het nie.Foto: aol.com  ~ 

BUDGETS gaan baiekeer by die agterdeur uit met groot veranderinge soos ’n geboorte, egskeiding of die dood.

Volgens Vera Nagtegaal is dit belangrik dat jy tyd maak vir finansiële beplanning.

Dit moet insluit goed soos mediese en begrafnisuitgawes, onverwagte gebeure en regskoste.

“in die geval van groot veranderinge in jou lewe is ’n noodfonds ’n goeie begin om jou geldsake beter te bestuur.”

Nagtegaal sê baie mense is impulsiewe kopers. Impulsiwiteit is iets waarteen jy moet waak.

“Dink eers of jy iets regtig nodig het voordat jy dit koop. As jy nie iets in jou budget gehad het nie, is dit regtig nodig om dit nou te koop?”

Sy sê as jy jou geliefdes te gereeld bederf, kan jou budget by die venster uitvlieg.

“As jou kind verjaar, is dit fine. Maar om geld uit te gee op iets wat jy nie kan bekostig nie, is ’n ander saak.”

Sy sê dis noodsaaklik om ’n budget te hê. Só kan jy gesonder finansiële gewoontes ontwikkel.

“As jou budget in die verlede nie gewerk het nie, probeer weer. Dit moet aangepas word soos jou leefstyl en omstandighede verander.” Hippo.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters