2 maande gelede
Trollies se suspension suffer nou
HAIBO! Daai trollie is darem gelaai vir net twee mense.  ~ istockphoto

KAN almal van ons asseblief nie panic en die winkelrakke leeg koop nie?

Dit gaan ’n baie lang 21 dae onder lockdown wees en ons moet mekaar respekteer en na mekaar omsien.

Hier in Mzansi glo ons aan ubuntu en hopelik gaan ons dié gesindheid in dié moeilike tyd openbaar.

Hoewel paniek-aankope gebruikers laat voel asof hulle in beheer is in sulke moeilike tye en dit hulle help om angs te verlig, kan dit die supply chain ontwrig.

Daar is aangekondig dat winkels en plase genoeg voorraad vir almal van ons het. So, dis nie nodig om mal te gaan en die winkelrakke leeg te koop nie.

Koop net wat jy nodig het en los genoeg vir jou medemens. Onthou, ’n mens is net ’n mens deur ’n ander mens.

Ons president, Cyril Ramaphosa, het dit ook duidelik gemaak dat winkels, banke en apteke oop sal wees tydens die lockdown. So, as jy iets kortkom, kan jy winkel toe gaan, natuurlik onder streng beperkinge.

Ons het gaan kyk na die noodsaaklike kruideniersware wat jy in dié tyd nodig sal hê.

Vir die yskas:

  • Gevriesde groente soos ertjies, wortels, blomkool, ens.;
  • vleis van jou keuse;
  • melk;
  • koeldrank/sap;
  • botter.

Vir die kaste:

  • Mieliemeel;
  • koekmeel;
  • broodmeel;
  • pap van jou keuse;
  • geblikte kosse soos vis, groente, vrugte en jêm;
  • pasta;
  • rys;
  • olie van jou keuse;
  • speserye;
  • bone;
  • smeergoeters vir brood, soos smeerkaas, fish paste en peanut butter (jou klôgoed gaan jou nooit vergewe as jy dit vergeet nie).

Vars vrugte en groente

As jy nog ’n draai kan maak by die groentestalletjie in jou buurt, moet jy dit doen.

Jy kan daai antie of oom help om van hulle voorraad te verkoop sodat hulle besigheid nie te erg skade ly terwyl ons onder lockdown is nie.

Onthou om vars gemmer en knoffel te koop. Dis van die voedsel wat jy kan eet/gebruik om jou immuniteitstelsel te versterk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters