3 maande gelede
Toestelle: Wees slim en bespaar
wees geduldig: Moenie die oond oopmaak voordat die kos gaar is nie. foto verskaf  ~ 

DIE webwerf finansies.solidariteit.co.za het ook ’n paar wenke oor hoe jy jou huishoudelike toestelle kan bestuur om meer krag te bespaar.

Beligting

Skakel ligte af wanneer jy ’n vertrek verlaat.

Gebruik soggens natuurlike beligting.

Vervang tradisionele gloeilampe met elektrisiteitsbesparende LED-gloeilampe, wat tot 80% minder elektrisiteit gebruik.

Wasmasjien

Belê in ’n voorlaaier. Dit gebruik minder water as ’n bo-laaier.

Was ’n hele bondel wasgoed. Wasmasjiene gebruik ewe veel elektrisiteit – of jy nou ’n enkele item of ’n hele bondel was. Was jou klere in koue water. Ongeveer 85% van elektrisiteit wat deur ’n wasmasjien verbruik word, word gebruik om die water te verhit.

Yskas en vrieskas

Stel jou yskas op 3 °C.

Moenie die deure onnodig oopmaak nie. Jou yskas en vrieskas moet so ver moontlik van die stoof af staan.

Laat ontvries jou vrieskas minstens twee keer per jaar sodat dit optimaal kan werk.

Kook

Moenie die oond oopmaak voordat die kos gaar is nie. Gebruik die mikrogolfoond om klein hoeveelhede kos warm te maak en gebruik die konvensionele oond vir groter maaltye.

Kook net soveel water as wat jy nodig het.

Skakel die stoof af voordat jou kos klaar gekook is. Plate behou hitte goed en jou kos sal nog ’n rukkie lank kook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters