2 maande gelede
Takel siekte op smaaklike wyse
drink dit: Soppe en bredies is goeie trooskos as jy siek is. Die hitte help ook om kongestie te verlig.foto verskaf  ~ 

HOE gemaak as jy en jou gesin klaar siek is?

Die webwerf goeiehuishouding.co.za stel drie dinge voor wat help om julle gou weer op die been te kry.

Water en tee

Vrugte- en groentesap wanneer jy olik voel, gaan maak dat jou bloedsuikervlak daal en jou net nóg slegter laat voel.

Aangesien jou liggaam ekstra vloeistowwe nodig het wanneer jy teen ’n ontsteking veg, behoort jy jou daaglikse kwota water met ’n ekstra twee glase aan te vul om selvernuwing te bevorder sodat jy jou krag kan terugkry.

Warm tee en koffie sal jou ook makliker laat asemhaal.

Sink-suigtablette

Om jouself ekstra vitamien C in te jaag, gaan jou nie vinniger laat gesond word nie. Maar daar is bevind dat 15 mg sink twee maal per dag vinniger van ’n verkoue ontslae raak of ten minste help om ’n krapperige keel te verlig.

Sop

Soppe en bredies (vir immuunversterkende aminosure en minerale) kan ’n vertroostende uitwerking hê. Ook hier help die hitte om kongestie te verlig. Veral hoendersop is vol proteïene en water. Jou ouma het toe al die tyd geweet waarvan sy praat!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters