27 dae gelede
Stuit substance abuse by tieners
Slaan hok: Tieners van jonger as 15 wat alkohol drink, het ’n vier maal groter kans om daaraan verslaaf te raak.Foto: iStock Photo  ~ 

DWELMVERSLAWING onder tieners is iets waaroor daar nie genoeg gepraat word nie, maar dit is ’n realiteit.

En dis iets waarteen ons kinders moet waarsku.

Dit is ook belangrik om te praat oor rehabilitasie en moontlike oplossings vir hierdie euwel.

Opgelet

Die webwerf jougesin. solidariteit.co.za gee ’n paar riglyne om te bepaal of ’n persoon verslaaf is of nie.

Die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5, 2016; bl. 490-491) noem 11 diagnostiese kriteria waarna opgelet moet word by die diagnose van verslawing.

’n Persoon is aan ’n substance verslaaf wanneer sy of haar gedagtes en/of gemoed en/of gedrag beduidend verander. Dié dinge gaan voort, al is daar negatiewe gevolge.

’n Baie bekende metode om dit te bepaal, is die sogenaamde CAGE-model.

Cut down: Het jy al gewonder of jy jou inname moet sny?

Annoyed: Raak jy vies as mense jou drinkgewoontes kritiseer?

Guilty: Voel jy ooit skuldig as jy drink?

Eye-opener: Het jy ooit ’n dop nodig sodra jy jou oë oopmaak om jou kalm te kry of jou hangover te verlig?

Die omvang van verslawing by tieners is groot.

Die goeie nuus is daar is beslis hulp vir hulle.

  • Sowat 60% van tieners wat voor die ouderdom van 15 jaar sigarette rook, kan eindelik aan ’n dwelm verslaaf raak.
  • Sowat 60% van tieners onder 18 jaar drink gereeld alkohol, wat steeds die grootste dwelm in Suid-Afrika is.
  • Tussen 2% en 9% van tieners gebruik gereeld dagga.
  • Tieners jonger as 15 wat drink, is vier maal meer geneig om aan alkohol verslaaf te raak.
  • Gemiddeld 122 uit 1 000 gr. 1-leerders in die Noord-Kaap ly aan fetale alkoholsindroom.
  • Elke jaar neem ongeveer 40 000 kinders in Suid-Afrika hulle eerste sopie alkohol – voordat hulle gebore is.
  • In 2012 het 80% van Gautengse leerders tussen gr. 8 en gr. 12 erken hulle gebruik gereeld alkohol, en 26,9% het erken hulle gebruik dwelms (veral dagga).
  • Leerders wat alkohol gebruik, is drie maal meer geneig om by geweldsmisdaad betrokke te raak.
  • Altesaam 60% van leerders in gr. 8 tot gr. 11 in Kaapse skole het erken hulle het al alkohol misbruik en moes ’n jaar op skool herhaal.
  • ’n Kind het ’n 60%-kans om ’n alkoholis te word as een van sy of haar ouers ’n alkoholis is. Dié kans is 80% as albei ouers verslaaf is.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters