19 dae gelede
Stuit kuberdiewe in hulle spore
hou toe: Maak seker dat niemand jou PIN sien nie. Foto: istockphoto  ~ 

BESKERM jouself só aanlyn:

  • Skeur persoonlike inligting deeglik op voordat jy dit in die asblik gooi.
  • Gebruik sterk en unieke wagwoorde. Moet nooit dieselfde wagwoord vir al jou aanlyn aktiwiteite gebruik nie.
  • Aktiveer tweefaktor-verifikasie. Dit beteken jy het nie net ’n wagwoord-, kode- of biometrie-aanmelding soos ’n vingerafdruk of gesig­skandering nodig om te verseker dat slegs jy toegang tot jou rekeninge het nie. Jy moet ook ’n eenmalige kode op jou selfoon kry om in te tik.
  • Installeer ’n goeie anti-virusprogram.
  • Kies die opsie wat bedrog opspoor en gaan jou bankstate gereeld na. Sommige banke stuur kennisgewings na jou mobiele toestel as iets verdag lyk tydens ’n aankoop. Dis wanneer ’n groot bedrag gehef word of ’n aankoop in ’n ongewone area (ver van jou huisadres).
  • Wees versigtig wanneer jy van gratis WiFi-punte gebruik maak.
  • Moet nooit die opsie “Keep me logged in” of “Remember me” op jou toestel kies nie.
  • Onthou, geheuestokkies en ander stoortoestelle kan ’n virus of spioenasieware bevat.
  • Wees versigtig vir kloonmasjiene (wat ’n kloon van jou kaart maak) by OTM’s.
  • Maak seker dat niemand jou PIN sien terwyl jy dit insleutel nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters