Verlede maand
Stel jouself 1ste
Heilsaam: Sorg goed vir jouself deur genoeg te rus en slaap. foto’s verskaf  ~ 

EEN van die dinge waarmee talle vroue baie sukkel, is selfvertroue – veral in ’n tyd waar almal so gefokus is op die uiterlike en graag hulle lewe vir almal in die sosiale media wil afshow.

Ons het tien topwenke by die webwerf goeiehuishouding.co.za gaan soek wat jou selfvertroue ’n hupstoot sal gee en die wêreld se verskil in jou daaglikse lewe kan maak.

  • Glimlag vir jouself wanneer jy in die spieël kyk. Vier die skoonheid van jou onvolmaakt­hede – dit onderskei jou van ander mense.
  • ’n Positiewe gedagte per dag laat die dokter wag. Skep jou eie magsbeweging en kombineer dit met ’n positiewe gedagte. Dit is ’n gratis manier om jou bui te verbeter en jou selfvertroue ’n hupstoot te gee.
  • Moenie ’n skugter mensie wees nie – werk aan jou postuur deur stewig te staan met jou voete ferm geplaas, jou skouers teruggetrek, jou bors uitgestoot­ en jou kop omhoog.
  • Moenie te lank by jou lessenaar sit nie. Beweeg en hou jou bloedsirkulasie aan die gang. Dit sal jou energievlakke en gevoel van welstand verbeter.
  • Let op jou asemhaling. Dit sal jou geaard en bedaard laat voel.
  • Dra iets helders en vroliks om jou gemoed te lig.
  • Sorg goed vir jouself – rus en slaap is noodsaaklik vir jou welstand. Jou innerlike kritikus is veral venynig wanneer jy moeg is.
  • Bemagtig jouself deur frases soos “ek kan nie” en “ek behoort” te verbied en dit te vervang deur “ek kies”.
  • Dis oukei en dikwels raadsaam om van plan te verander wanneer planne nie meer vir jou werk nie. Moenie net aanploeter nie. Slaan ag op die tekens en doen wat reg voel.
  • Speel jou musiek – hard en dikwels. Sing en dans asof niemand jou sien nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters