Verlede maand
Span saam: Spaar
pro opinie: Spreek ’n raadgewer as julle wonder hoe om julle geld te belê.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

IN ENIGE verhouding is dit uiters belangrik dat julle eerlik is met mekaar oor geldsake.

Die versoeking om dit nié te doen nie, kan groot wees, veral wanneer daar pro­bleme is, maar dis juis dan wanneer julle juis móét praat oor julle geldsake.

Wees eerlik oor jou be­stedingsgewoontes en moedig jou partner aan om eerlik te wees oor syne of hare.

Benader die onderwerp kalm. Onthou, gesprekke soos dié is om saam te werk en idees met mekaar te deel.

En as jou partner te veel of onnodig bestee, moenie dit as ’n geleentheid beskou om hom of haar daaroor te veroordeel nie.

Hoe meer julle twee oor julle geldsake praat, hoe makliker sal dit word.

Besluit hoe julle julle geldsake wil bedryf – as ’n couple of apart.

Uitgawes

Indien julle voel dit sal makliker wees om dit as ’n couple te bedryf, moet julle alles kombineer, skuld ongelukkig ook inkluis.

So, wanneer julle julle salarisse­ as een inkomste bedryf, is dit belangrik dat jy jou partner sê van ál jou uitgawes, veral dié wat onbeplan is.

En as julle besluit om julle geldsake apart te bedryf, is dit belangrik dat julle moet onthou julle is steeds ’n span.

So, wanneer julle belangrike finansiële besluite moet neem, sal dit die beste wees as julle dit saam doen.

Weet jy hoeveel jou partner verdien? Voer ’n openhartige gesprek oor julle salarisse­ en stel dan ’n begroting op waarmee julle albei tevrede sal wees.

En nee, dit hoef nie ’n ingewikkeld dokument te wees nie; trek eenvoudig net twee kolomme, een vir inkomste en die ander vir uitgawes.

Julle sal gou begin agterkom waaraan julle onnodig bestee en dit dan vermy. Uiteet is lekker, maar gewoonlik baie duur.

Jy of jou partner kan onder­ druk voel om mekaar uit te neem.

Kook

Dis baiekeer ’n onbeplande uitgawe en as julle aan die einde van die maand kort skiet, kan dit spanning in julle verhouding veroorsaak.

Eet liewer tuis. Om vir jou partner te kook of saam te kook, is romanties en jy sal regmerkies verdien sonder om daarvoor te betaal!

Gaan julle trou, ’n baba hê of reis? Wat die vlak van julle verhouding ook al is, daar is waarskynlik iets waarvoor julle saam spaar.

Besluit vooraf hoeveel julle­ elkeen elke week, maand of jaar wil spaar.

As julle duidelik riglyne daarvoor opstel en daarby hou, kan julle lelike konflik in die verhouding vermy. goeiehuishouding.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters