2 maande gelede
Spaar nóú al vir kids se toekoms
Vang graad: Jy moet so gou moontlik begin spaar vir jou kind se tersiêre opleiding. Foto: Today.com  ~ 

HET jy geweet ’n tipiese universiteitsgraad in Suid-Afrika kan jou maklik meer as R50 000 ’n jaar uit die sak jaag?

Ouers kan oorweldig raak as hulle dié nuus hoor. Juis daarom is dit belangrik om so vroeg moontlik voorsorg vir jou kleintjies te tref.

André Wentzel, solutions manager by Sanlam Personal Finance, sê as nuwe ouers groot doelwitte in kleiner, meer bereikbare doelwitte omskep, is dit makliker om kop te hou.

“As ek vir jou sê jy gaan altesaam R1 miljoen nodig hê om vir jou kinders se tersiêre opleiding te betaal, gaan jy jou boeglam skrik, maar as ek jou sê dat jy R1 200 per maand gaan nodig hê, klink dit baie meer bereikbaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters