5 maande gelede
Spaar is nie sooo moeilik
gesin: Jy en jou familie kan saam ’n hele paar rande spaar. foto’s verskaf  ~ 

KYK, ons almal wil mos maar ’n ekstra geldjie spaar sodat daar meer geld aan die einde van die jaar oor is om ’n bietjie te ontspan.

Ons het ’n paar wenke op goeie huishouding.co. za gekry oor hoe om geld te spaar sonder om jou hele lewe té erg te ontwrig.

  • Belê in velsorg­produkte met aktiewe bestanddele.

Bestee meer aan produkte wat lank op jou vel bly en ’n langtermynuitwerking het (soos teenverouderingsprodukte). Bestee minder aan iets wat jy afwas, soos ’n face wash en lyf- en gewone seep.

  • Kook by die huis.

Beplan ’n week se aandetes en maak een aand tyd om ’n paar van die geregte te berei. Jy sal nie so maklik wil kitskos bestel of uiteet wanneer daar ’n tuisgemaakte maaltyd is nie.

  • Eet minder vleis.

Maak peulgroente – die eetbare, droë saad van peulplante – die hoofbestanddeel van jou aandete. Dit sal jou risiko vir hart-, lewer- en niersiekte verminder en jou kosrekening sny.

  • Vermy duur spesialiteitsprodukte.

Gebruik gewone seep om delikate onderklere te was. Sunlight Laundry Bar werk byvoorbeeld nét so goed teen ’n fraksie van die prys.

  • Kry ’n aparte e-posadres vir aanlyn kopies.

Skep ’n rekening net vir aanlyn inkopies sodat jy nie deur “50% afslag op alles op ons webwerf!”-boodskappe in jou inbox verlei sal word nie.

  • Drink uit ’n cool waterbottel.

Koop jy alewig water vir jou oefenklas soggens? Belê in ’n herbruikbare waterbottel; die planeet sal jou dankbaar wees deur net drie keer per week nie water te koop nie.

  • Hokaai met die waspoeier.

As jy altyd skat hoeveel wasgoedmiddel jy moet gebruik, gebruik jy waarskynlik te veel. Dis sleg vir jou klere én jou inkopie­rekening. Begin vandag nog jou wasgoedmiddel afmeet.

  • Kry gerus vir jou ’n biblioteekkaart­.

Lees gratis en spaar meer as R5 000 per jaar as jy elke maand twee nuwe titels kafdraf.

  • Betaal R20, spaar R20.

Sukkel jy om jou daaglikse cappuccino-gewoonte te verbreek? Vat elke keer wanneer jy een koop dieselfde bedrag en spaar dit. Só sal jy sien hoeveel dit jou eintlik kos en jy sal spaargeld vir tye van nood hê.

  • Verander R1 in R1 378!

Sit hierdie week R1 in ’n spaarbussie, volgende week R2, die week daarna R3, ensovoorts. Sit die res van die jaar elke week ’n rand meer weg. Binne 52 weke sal jy meer as R1 300 hê sonder dat jy ooit meer as R52 op een slag hoef te gespaar het.

  • Koop wasbare “papierhanddoeke”.

Hou op om kosbare geld te bestee aan goed wat weggegooi word en gebruik eerder mikro­vesellappe.

  • Hou ’n kosdagboek.

Derduisende kilogramme kos word jaarliks vermors.

Hou boek van goed wat op die ou end weggegooi word en vermy dié produkte – of koop kleiner hoeveelhede – wanneer jy weer inkopies doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters