26 dae gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

DIÉ week het ons Jeugdag herdenk om dankie te sê vir die opofferings wat daardie kinders in 1976 gemaak het teen ’n onregverdige stelsel.

Nou is ons in ’n nuwe stryd gewikkel. Dit is ook ’n struggle teen iets wat vir ons soos ’n oormag kan voel – die Covid-19-pandemie.

En nou is kinders, hul onderwysers en ander werkers by skole weer, soos destyds, in die front lines, want die gr. 7- en gr. 12-leerders is nou terug op die skoolbanke.

Dit is werklik onsekere omstandighede, want anders as destyds, is die vyand dié keer onsigbaar.

En anders as destyds, target die vyand nie net spesifieke groepe nie, maar almal.

So, stuur maar gerus ’n skietgebed op vir die onderwysers, skoonmakers en werkers by die skole, die skoolhoofde en beheerliggame wat moeilike besluite moet neem. Bid maar ook vir ons as ouers, en ja, vir ons kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters