Verlede maand
SONPrins
taxi strike  ~ 

HIER in die hart van die globale pandemie sit ons ook mos nou in die hartjie van die winter.

En die winter bring ook sy eie krisisse na die Wes-Kaap toe.

Ons het nie net ysige winters nie, ons winters is ook nat, veral in die Kaap, want dis ons reëntyd.

En as die verwoede storms ons tref, soos dit dié week gedoen het, is daar vloede in die laagliggende gebiede waar so baie van onse mense woon.

Mense se lewe word ontwrig deur die water wat oornag deur huise, hokke, en pondokke stroom.

Eiendom word verwoes.

Munisipale werkers moet herhaaldelik uitgaan om dreine en stormwaterpype te ontblok of reg te maak.

Reddingspanne en mense van disaster manage­ment skarrel rond.

En mense word siek.

Nóg ’n addisionele las op die reeds oorlaaide gesondheidswerkers dié jaar.

So, stuur maar ook vir al dié mense ’n skietgebed op.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters