Verlede maand
SONPrins
taxi strike  ~ 

DAAI eerste teug, nè?

Ja, hordes het Maandag baie vroeg opgestaan om te queue vir daai eerste bier. Ná twee maande sonder die voggies.

Maar nou is daar ’n groot las op die verkopers van die drank. Baie werkers by franchises werk nie net met brood en blikkieskos nie, hulle word ook geswaai om by die “drankarm” te werk.

Hulle was reeds op die frontline teen die virus, maar dit raak nou moeiliker.

In ’n voedselwinkel is die meeste mense beleef en doen hul deel met social distancing, bek toe onder die masker, en so vinnig uit as moontlik.

Maar dié week het mense ná twee maande se droogte toegesak op drankwinkels – en baie reëls rondom die virus oorboord gegooi.

En die mense wat aan die ander kant van die till staan, moes dit maar opvreet.

So, as jy vandag jou eerste een knak, gee maar ’n skietgebed vir diegene wat aan die ander kant van dié tills staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters