2 maande gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

ONS kan nie genoeg dankie sê vir die ouens en vrouens wat in dié tyd, die besigste van die jaar, hard werk nie.

En dit is elke jaar so.

Die mense wat onsself van onsself moet red.

Daar is natuurlik die traffic­ cops wat op nasionale en provinsiale vlak werklik moes rondstaan en bystaan by al die ongelukke en roadblocks en ander noodgevalle en diversions.

Dan is daar natuurlik die paramedici, wat nie net mense op die paaie moes red nie (baie van hulle baie naby aan die dood), maar ook met die dooies werk en wegneem.

Saam met hulle was die nooddienste, dokters en verpleegsters wat gereed gestaan het by die hospitale en talle moes red. En moenie vergeet van die brandweer en ander reddingsdienste soos menseredders wat 24/7 gereed moet wees nie.

En die arme cops verdien ook dubbel en dwars hul (karige) geld dié tyd van die jaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters