19 dae gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

JA-NEE, dis weer dié tyd van die jaar.

Almal is mos jolly.

Maar dis ook ’n vreeslike besige tyd vir sommige mense.

En nee, hier praat ons nie van die arme mense wat in die winkels werk nie.

Ons praat van die mense wat ons in hierdie tyd van onsself moet red. Want mense vang baie stupid goed aan.

Terwyl jy aan daai Krismiskalkoen knaag, skiet maar ’n gebedjie op vir al daai traffic cops wat nou aan diens is.

Dié tyd van die jaar sien hulle die aakligste ongelukke moontlik en werk lang skofte. Ook die paramedics en ander reddingsdienste.

Dit is die bloedigste tyd vir hulle.

En jy moet natuurlik nie van die oorwerkte personeel in hospitale en klinieke vergeet nie. So ook nie van die brandweermense nie, want dit is nou ook brandtyd.

En ons cops is die dun blou lyn wat orde moet hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters