6 maande gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

NEE, hy is definitief nie ’n Prins nie.

Maar onse eie Bennie B(r)oekwurm, Malusi Gigaba,­ het mos dié week op sy eie swaard geval (all puns intended) deur te bedank.

Maar ons dink nie ons (eertydse) minister wat nie sy eie Home Affairs in orde kan hou nie, het dit uit vrye wil gedoen nie. Of vir die good of the country nie.

Nee, daar loop mos rumours­ rond dat CR, oftewel die prez, in die naweek hard met die knapie gepraat het om te voertsek.

Want, hel, het die ou ’n Gupta track record gehad!

Hy het sy hand vir sy voormalige baas, die Zoomster, so diep in die koekieblik gehad dat hy tot by die oksel besmeer was.

Maar toe gaan lieg hy mos vir ’n judge – dat hy nooit die okay gegee het vir die Oppenheimers se private fasiliteit by OR nie. En toe werk die regstelsel. En dit was die laaste spyker in die doodskis vir dié kaartman. En CR het die regte besluit geneem. Kon nie anders nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters