21 dae gelede
SONPrins
taxi strike  ~ 

By daai sittings van die kommissie vir die ondersoek na staatskaping kom daar darem ’n hele paar interessante goed uit.

Vat nou maar daai bombshells wat die gewese adjunkminister van finansies Mcebisi Jonas gelos het.

Oor hoe hy R600 miljoen en ook die pos van minister van finansies deur een van die Gupta-broers aangebied is.

Maar hy het geweier.

Dit was maar net een van vele wurms wat uit die blik gekom het.

Dan was daar die bombshells van Vytjie Mentor, voormalige ANC-stalwart.

Sy het ook getuig oor hoe sy ’n ministeriële pos aangebied is as sy net so ietsie soos SAA-vlugte na Indië sal stop, dankie.

Sy het ook nee gesê.

En nou cue mense om ook te kom getuig.

Mense soos dié het baie moed. Hulle staan geweldig sterk teen van die rykste, magtigste en invloedrykste mense in die land – mense wat baie het om te verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters