26 dae gelede
SONPadda
taxi strike  ~ 

DIÉ week het ons Jeugdag herdenk. Ons het daai kinders onthou wat teen ’n onmenslike stelsel in opstand gekom het.

En vandag het ons daai magic word “demokrasie”, waarvoor daai kinders in 1976 baklei het.

Maar is daar gelykheid en vryheid vir almal?

Aikôna.

Daar is soveel ongelykheid as jy net na die onderwysstelsel kyk.

Veral as dit by skool-infrastruktuur kom.

Die omstandighede by skole is haglik, veral in die townships.

Ná die koms van demokrasie meer as twee dekades gelede is daar dan steeds drop toilets by sekere skole.

Of geen lopende water nie.

Of onderwysers wat net eenvoudig nie die vermoë het om die vakke wat hulle moet gee, te kan gee nie.

Die virus het dié ongelykhede sterk uitgewys.

Kinders val deur die krake. Missing in action ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters