Verlede maand
SONPadda
taxi strike  ~ 

DIS nou al twee weke sedert ons weer ons favourite voggies kan koop.

Verlede week, ná twee maande met ’n droë keel, het die land behoorlik die drankwinkels stormgeloop en geld geblaas asof dit uit die mode gaan. Dít terwyl talle nie eens weet of hulle nog werk het nie.

Die reëls is ook sommer verbreek, soos om social distancing te ignoreer of nie gesigsmaskers aan te hê nie. Sommige drankwinkels het ook die lockdown-regulasies oor wanneer drank verkoop mag word, ’n flat ignore gegooi.

Toe steek die drankduiwel sy kop sommer verder uit, want toe spring misdaad in die prentjie. Dis misdaad wat direk verbind kan word aan drankmisbruik. Dinge het so woes geraak met alkohol-verwante misdaad dat daar uit talle oorde gevra is om drank weer te verbied. Nie net oor misdaad nie, maar ook oor hospitale vol is weens drankmisbruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters