Verlede maand
SONPadda
taxi strike  ~ 

NOG ’n seriously WTF moment in ons geskiedenis.

Is ons oop? Of toe?

So het ouers, vakbonde, kinders, onderwysers, skoonmakers, provinsiale leiers en dalk selfs die staat kopgekrap oor of die skole Maandag sou oopmaak (vir gr. 7- en gr. 12-leerders in elk geval) of nie.

En toe, ter elfder ure, spreek die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, die land toe.

Sorry, my mistake, maar julle kan eers vólgende week oopmaak.

Dít terwyl die Wes-Kaapse regering voortgemoer het met die oopmaak van skole vir daai leerders.

Daar is nog vrae oor soveel skole wat glad nie gereed kan wees vir dié landwye stap nie, maar Angie en haar medepligtiges het aangekarring dat skole sál oop wees met die intree van vlak 3 op 1 Junie.

En dit terwyl ons almal geweet het die onderwysstelsel is lankal in die toilet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters