2 maande gelede
SONPadda
taxi strike  ~ 

HOEKOM moet ons elke jaar as ’n ou volkie kyk hoeveel van ons mense ons kan seermaak, doodmaak, of arm maak?

Kyk maar na die slagting op die paaie.

Die finale amptelike syfers van padsterftes is nog nie bekend nie, maar dit lyk of die persentasie sterfgevalle vir dié feestyd baie hoër gaan wees as vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Ten spyte van talle projekte, aanmanings en waarskuwings het baie mense steeds steeds gesuip op die pad gegaan, te vinnig gejaag en allerhande ander nonsens op die teer aangevang.

Dan was daar die spend­ing. Baie mense weet nie waar hulle hulle daaglikse brood dié maand gaan kry nie. Silly season indeed.

En moenie die diefstalle, moorde, aanrandings, huismoles, kindermishandeling, en -verwaarlosing en verdrinkings vergeet nie. Die lys gaan net aan en aan ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters