7 maande gelede
SONPadda
taxi strike  ~ 

KYK, niks regverdig gang violence nie, en ons sal dit ook nooit goedpraat nie.

Niemand is bestand teen die vlieënde koeëls nie, maar in ’n mate het ons gewoond geraak daaraan.

Seker omdat dit al so ’n deel van ons gemeenskappe se daaglikse ervaring geword het en omdat ons elke dag daaroor berig.

Daarom ruk dit ’n mens wanneer berig word, soos dié week, dat ’n nanny skuldig bevind is daaraan dat sy ’n weerlose kind koelbloedig vermoor het.

Matthew Smith, net drie, van Worcester is nie deur ’n dwaalkoeël getref nie: Hy is geslaan en geskop terwyl hy op die grond gelê het.

Hoekom? Want Maria Fortuin (22) van Robertson het mos haar moer gestrip oor hy sy broekie “die soveelste keer” vuilgemaak het.

Die arme laitie se ma het hom in Fortuin se sorg geplaas, en nou is dié ’n moordenaar en gaan sy 20 jaar verdienstelik mang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters