2 maande gelede
SONPadda
taxi strike  ~ 

DIS ’n kwessie van die stok, die wortel en sommer doodsdreigemente ook ingooi.

Dís die dirty tricks wat blykbaar deur die jare deur die Guptas met vele mense gebruik is.

Mcebisi Jonas Is eers heuning om die mond gesmeer, toe ’n moerse klomp geld en ’n baie belangrike ministeriële pos aangebied.

Maar toe die gewese adjunkminister van finansies nie wou saamwerk nie, is hy glo met die dood gedreig.

Omkopery, dreigemente, die gebruik van die sogenaamde elite Hawks, shell companies om geld te was, die lys gaan aan.

Die Guptas is so magtig dat Vytjie Mentor, voormalige ANC stalwart, selfs voor die kommissie oor staatskaping getuig het. Sy het gevoel hulle beheer Zuma.

Die familie is soos ’n kanker wat in die land versprei het. Dit sal ’n wonderwerk verg om die land weer gesond te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters