2 maande gelede
Skoonheid ly in die winter
bevogtig: Behandel jou gesigvel met ’n sagte produk met ’n oliebasis.foto’s verskaf  ~ 

DIE vel, hare en lippe droog gewoonlik mos uit in die winter.

Dis weens die koue lug buite en binnenshuise verhitting.

Dis altyd ’n goeie idee om jou skoonheids­roetine by die seisoene aan te pas.

En wat winter betref, beteken dit basies dat jy vogryke produkte aanwend op die dele van jou lyf wat gou uitdroog.

Vir wenke daaroor het ons goeiehuishouding.co. za uitgecheck.

Gesig

Versorg jou gesig dié winter deeglik deur produkte te gebruik wat nie net help om vog te behou nie, maar wat dit ekstra vog bied.

Begin deur jou gesig met ’n sagte produk met ’n oliebasis te reinig.

Dit reinig die vel sagkens sonder om die natuurlike olielaag daarvan te stroop.

Dit verwyder ook onsuiwerhede en grimering­ deur dit met die olie te laat bind.

Wend dit aan op ’n droë vel en masseer liggies.

Voeg ’n bietjie lou water by en hou dan aan masseer.

Hande

Veral ’n mens se hande is gevoelig vir winterweer.

Wend ’n voedende, ryk handeroom elke uur aan. Probeer ook handskoene dra wanneer jy buite is.

Hare

Beskerm jou hare dié winter, want dit word droog en bros met die verandering van die seisoene.

Moenie dit te veel borsel nie en gebruik ’n sagte sjampoe en opknapper.

Klapperolie is ook fantasties vir hare, want dis uiters bevogtigend.

Masseer dit aan jou kopvel en kam dit dan liggies deur jou hare om die olie eweredig te versprei.

Laat dit vir minstens 30 minute of selfs oornag aan. Wanneer jy dit uitspoel, behoort jy onmiddellik die verskil agter te kom.

Lippe

Ons het ’n fantastiese wenk om droë en gebarste lippe te be­handel: teesakkies.

Dis omdat die tannien in tee ’n wonderlike middel daarteen is.

Maak die teesakkie net nat in kook­water en laat dit afkoel voordat jy dit 30 sekondes lank op jou lippe hou.

Jy kan dit drie tot vyf keer per week doen. Wend ook gereeld salf aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters