2 maande gelede
Sanitiser - doen dit self
Man using hand sanitiser
Maak jou eie sanitiser.  ~ Foto ter Illustrasie

IN DIE winkels raak hand sanitiser skaars en baie van ons kan dit buitendien nie bekostig nie.

Maar ons moet ons veilig hou tydens hierdie Covid-19-epidemie, so as jy nie sanitiser kan bekostig of dit nie op die rakke kry nie, kan jy jou eie maak.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag aangekondig leerders gaan lank by die huis wees, so jy kan hulle lekker inspan om jou hiermee te help.

Volg dié resep van dmylogi. ru:

Resep:

Die sanitiser word van alkohol gemaak, so kry die bestanddele bymekaar. Dié middel is baie soos kommersiële ontsmettingsmiddels, sonder al die chemikalieë en die onaangename reuk.

Dié sanitiser moenie hand wash vervang nie – jy moet dit net gebruik as jy dit regtig nodig het.

Benodigdhede:

  • koppie 99%-ontsmettingsalkohol (oftewel isopropielalkohol)
  • koppie suiwer aloe vera gel (verkieslik sonder bymiddels)
  • 8 tot 10 druppels van ’n essensiële olie soos laventel, naeltjie, kaneel of ment
  • mengbak
  • lepel
  • tregter
  • plastiekhouer

Meng die alkohol en aloe vera in die bak

Giet die bestanddele in die bak en meng goed met ’n lepel. As jy die oplossing dikker wil hê, voeg nog ’n lepel aloe vera by. Jy kan dit ook verdun deur alkohol by te voeg.

Voeg essensiële olies by

Voeg ’n druppel op ’n slag by. Roer die mengsel terwyl jy elke druppel byvoeg.

Ruik aan die mengsel ná ag druppels om te bepaal of die geur reg is. As dit sterk genoeg ruik, stop daar. As jy ’n sterker aroma wil hê, voeg nog druppels by.

Die essensiële olies van laventel, naeltjie en ment het die ekstra voordeel dat dit die mengsel bykomende antiseptiese eienskappe gee.

As jy nie van dié geure hou nie, kan jy ’n ander geur gebruik.

Verpak

Giet die mengsel deur ’n tregter om dit in die houer te kry. Sit die tregter in die houer se nek en gooi die ontsmettingsmiddel in.

Vul dit en verseël dit dan met die deksel totdat jy gereed is om dit te gebruik.

’n Klein spuitstuk werk goed as jy die sanitiser deurgaans by jou wil dra.

As jy te veel sanitiser vir jou spuitbottel voorberei het, kan jy die res van die ontsmettingsmiddel in ’n lugdigte pot bêre.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters