29 dae gelede
Ruk daai chaos in jou rakke reg
Gemors: Dis ’n pyn om alles in jou kas te pas en dit steeds netjies te laat lyk  ~ istockphoto

DAMES, die somer is mos nou amper oor. Nou moet baie van ons in ons kas plek maak vir ons warmer klere, wat natuurlik meer plek vat.

Met dié wenke van afr.feminineclub.com kan jy jou plek sommer gou-gou regkry.

  • Jasse vat sekerlik die meeste plek op van alle soorte kledingstukke. Hang ’n U-vormige koper-rail vanuit die dak en hang jou dik winterjasse daaraan. Dié DIY upgrade van die tradisionele rak in jou klerekas verseker dat geen kosbare vloer­oppervlak gebruik word nie.
  • Maak seker die klere wat jy die graagste in die herfs dra, is op ’n plek waar jy dit maklik kan kry. As jy dit – en byvoorbeeld jou jeans – boonop in oop rakke pak, kan jy altyd sien wat waar is en is dit byderhand wanneer jy dit nodig het.
  • Skep jou eie bêreplek vir jou truie. Gebruik DIY-bokse wat in jou kas kan pas en trek dit met mooi papier of materiaal oor sodat dit by die res van jou dekor pas.
  • Hoede lyk dalk mooi en is dalk modieus, maar dit kan ’n gesukkel wees om ordentlike plek te kry om dit te bêre. Hang dit op. Skep met tou en ’n koperpyp vir jou ’n hanger wat jy teen die muur monteer. Knyp elke hoed met ’n wasgoedpennetjie vas en siedaar! Nie net is jou hoede behoorlik gebêre nie, jy het ook sommer ’n fokusmuur bygekry!
  • Pleks daarvan om jou skoene en boots op ’n hoop te smyt, oorweeg dit om dit in kratte te stoor. Dis bekostigbaar, skep vinnig orde en kan maklik versier word vir ’n personal touch.
  • ’n Houtleer kan net so nuttig wees wanneer jy jou clutter agter­mekaar probeer kry. Dit werk veral goed vir serpe. Hang jou serpe om die sporte. Só kan jy almal sien en maklik die een kry wat jou uitrusting perfek afrond.

) ’n Mens kom maklik in die versoeking om net goed onder jou bed in te skop. Moenie! Dit lyk slordig en later weet jy nie meer wat daar onder aangaan nie. Kry ’n paar kratte wat onder die bed kan inpas en pak byvoorbeeld al die skoene daarin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters