2 maande gelede
Respekteer haar lyf
tragies: Die realiteit is dat daar elke vier minute ’n vrou verkrag en elke ses uur een vermoor word. foto ter illustrasie  ~ 

ONS woon in ’n land waar vroue bang is om hulleself te wees.

In die lig van onlangse voorvalle waarin vroue aan die hand van mans verkrag en vermoor word, is dit nodig dat vroue ingelig word oor wat hulle te doen staan as iemand hulle verkrag.

Die tragiese realiteit is ’n vrou word elke vier minute verkrag. En elke ses uur word een vermoor.

Daar word gereken ’n skoolmeisie se kanse is groter om verkrag te word as om matriek te maak.

Daar bestaan soveel mites oor verkragting.

Een van die groot mites is dat vroue wat dronk word ’n man “uitnooi” om haar te verkrag. Dit is loutere snert!

’n Vrou het die reg om veilig te voel en beheer oor haar liggaam uit te oefen. Niemand mag haar dit ontsê nie.

Toestem

Ons almal weet “nee” is “nee” wanneer dit by seks kom!

Ons land se wetgewing maak dit baie duidelik: As ’n vrou se bewussyn in so ’n mate geraak word dat haar oordeel negatief beïnvloed word, kan sy nie tot seks toestem nie.

Mans moet baie versigtig trap om nie misbruik van ’n situasie te maak nie en moet verantwoordelik optree

genoeg is genoeg
#GenoegIsGenoeg
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters