2 jaar gelede
Rek bek oor donker era
skrywer: Amy Jephta voel daar moet uitgepraat word oor apartheid.Foto’s: bohemia hoffmeester  ~ 
opvoering:Mamela Nyamsa vertolk die rol van ’n lesbiese vrou in De-apart-hate by Afro Vibes.Foto:
gewilde aktrise: Denise Newman het in ’n teaterstuk, What Remains, gespeel wat oor apartheid handel.
skrywer: Amy Jephta voel daar moet uitgepraat word oor apartheid.Foto’s: bohemia hoffmeester
APARTHEID. Dis iets waaroor ons nie juis wil praat nie. Veral nie ek nie.

Ek probeer maar altyd my opinie vir myself hou, want ek wil tog graag hê ons almal moet saam in vrede en harmonie lewe.

Maar nadat ek die Afro Vibes Festival laas naweek in Amsterdam bygewoon het, kan ek nie meer stilbly nie. Ek het ’n paar shows bygewoon en vinnig besef dat al die shows oor apartheid handel.

Ek het met Amy ­Jephta, ’n Suid-Afrikaanse dramaturg, ­teaterskepper en ook ’n skrywer vir die Kaapse sepie Suidooster gesels. Sy was ook deel van Afro Vibes en haar dramastuk Here to There het ook oor apartheid gehandel.

In dié drama herleef Kholeka, ’n digter, ’n voorval waar sy op privaat eiendom beland het terwyl sy ge-hike het.

Sonder dat sy besef het, het sy nie meer op openbare grond geloop nie en ’n wit vrou storm skielik op haar af en skree: “This is private property! You are on private property!”

Ek kon die intensiteit in haar stem voel. Dit het só real gevoel. Ek wou dadelik by Amy weet hoekom iets wat steeds so na aan ons harte is, hiér uitgebeeld word. Dit word nie juis só by die huis uitgebeeld nie.

Haar reaksie was: “Dis vir veral die jong mense ’n kwelpunt.

“Ons generation het nog nie regtig daarmee ge-deal nie. Ons ervaar dit elke dag en maak dit steeds deur. Ons kan nie nou stilbly nie.”

Amy sê sy dink ook dit is belangrik vir die Duitsers is om die stukke te sien omdat hulle ’n hand in apartheid gehad het.

Sy sê sy sal tog graag wil sien dat hierdie soort dramas meer in ons eie land vertolk sal word.

Ek besef apartheid het ons tog soveel onreg aangedoen.

My ma wat briljant en hoogs intelligent was, moes maar met haar matrieksertifikaat in ’n bottle store en winkels gaan werk.

Daar is nie geleenthede aan haar gegee nie. Sy moes haar maar oor die jare opwerk totdat sy ’n bankbestuurder geword het.

As dit net nie vir apartheid was nie, sou dinge vandag baie anders gewees het.

BOHEMIA Hoffmeester van Son is tans as Media24-verteenwoordiger in Amsterdam, ­Nederland, en sal ’n weeklikse rubriek skryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters