4 dae gelede
Praat padlangs oor dié pandemie
LEER: Soek saam na antwoorde deur betroubare bronne na te slaan.  ~ istockphoto

DIT begin nou eers by Suid-Afrikaners insink hoe ernstig die Covid-19-pandemie is.

Gelukkig kan ons van ander lande leer hoe om die virus hok te slaan.

Daar is soveel inligting en updates dat dit selfs volwassenes oorweldig.

Dink jou net in hoe die histerie kinders verwar. Kenners by The Digital Life Skills Company het sewe wenke vir ouers oor hoe om kinders deur dié pandemie te lei en te ondersteun.

Gelei word

Baie van ons kinders is konstant op die sosiale media, maar presies wat leer hulle op apps soos TikTok, Instagram of Snapchat?

Dean McCoubrey, ’n kenner van digital life skills, sê kinders moet gelei word oor watter inligting hulle oor die virus moet inneem.

McCoubrey sê: “Ons het meer toegang tot inligting oor Covid-19 danksy die internet en sosiale media as wat ons gehad het met ander wêreldwye pandemies.

“Die probleem met sosiale media is dat enige een enige inligting kan plaas wat hy of sy dink waar is en ons kinders moet dan vir hulself besluit wat fake news is en wat nie, en dit kan oorweldigend raak en paranoia veroorsaak.”

  • Kry inligting van betroubare bronne soos Unicef, WHO, Suid-Afrikaanse departement van gesondheid, ens.

Verduidelik aan jou kinders die belangrikheid van betroubare bronne.

  • Jy as ouer moet kalm bly, want kinders kan aanvoel wanneer hulle ouers paniekbevange en emosioneel is.
  • Vra jou kinders wat hulle gehoor het van Covid-19 en beantwoord hulle vrae.

As jy van hulle vrae nie kan beantwoord nie, gebruik sommer dan die geleentheid om saam na die antwoorde te soek deur betroubare bronne, natuurlik, na te vors.

  • Werk saam aan ’n plan van aksie. Dit sal jou kinders laat voel asof hulle in beheer is.

Leer hulle watter stappe hulle kan doen om hulself te beskerm, hoe om hulle hande korrek en gereeld te was met seep of ’n alkohol-gebaseerde sanitiser, dat hulle hul mond en neus moet bedek wanneer hulle hoes en nies, dat hulle siekes moet vermy en volwassenes onmiddellik moet laat weet as hulle siek voel.

  • Deel feite saam met hulle sodat hulle hul rol in die samelewing kan verstaan.

Navorsing wys dat baie min kinders regtig siek word en van die virus sterf, maar hulle moet verstaan dat hulle die virus kan hê en weerlose mense soos hulle groot­ouers kan aansteek.

  • Praat oor die sosiale implikasies van Covid-19.

Herinner jou kinders daaraan dat die virus nie diskrimineer oor wie dit besmet nie. So, ons moet geen groep mense daaroor stigmatiseer nie.

Laat hulle verstaan dat ons almal vir mekaar moet uitkyk en dat as ons saamstaan, kan ons Covid-19 hokslaan.

  • Praat gereeld openlik met jou kinders oor die virus. Die realiteit is dat die corona-virus nog vir ’n hele ruk saam met ons sal wees.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters