2 maande gelede
Popeye se kos gee jou woema
eet dit: Mense wat aan bloedarmoede ly, moet baie kale, ’n vorm van spinasie, eet. Foto: RTE.IE  ~ 

KALE (krulkool) is ’n sogenaamde superfood as dit by bloedarmoede kom.

Die slimkoppe sê dié soort spinasie is baie goed vir sulke pasiënte.

Bloedarmoede is van die algemeenste vorms van tekortkominge ter wêreld wat tot 2 miljard mense affekteer.

Dit beteken dat jou liggaam nie genoeg rooibloedselle kan produseer om die suurstof na die organe te vat nie.

Dit kan veroorsaak word deur swangerskap, bloedverlies of as jy nie genoeg kos met yster inkry nie.

En kale is propvol yster.

Lewer en rooivleis is ook ryk aan yster, so sluit gerus van dié tipe kosse by jou dieet in. Jy kan dit saam met kos vol vitamien C (soos oranje vrugte en groente) eet. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel