Verlede maand
Petrolprys bly styg ...
bespaar: Moenie op voertuie voor jou afjaag nie, want dit mors net jou duur brandstof.Foto: jonathan lestrade  ~ 

EEN van die dae sal ons byna R20 vir ’n liter petrol moet opdok.

Maar moenie te veel worry nie. Ons het by finansies.­solidariteit.co.za wenke gekry oor hoe jy jou brandstof langer kan laat hou.

  • Saamryklubs is verreweg die beste raad. Selfs al bestaan jou saamryklub uit net twee persone, kan jy jou brandstofuitgawes halveer.
  • Beplan jou uitstappies en inkopies (maak ’n lysie) sodat jy alles wat in dieselfde omgewing is op een slag kan doen en nie onnodig twee keer na dieselfde plek moet ry aangesien jy iets vergeet het nie.
  • Moenie jaag nie. Hoe vinniger jy ry, hoe dorser word jou voertuig.

Ry minstens 5 km/h onder die spoedgrens. Dit sal ook keer dat jy boetes kry.

  • Moenie op voertuie voor jou afjaag nie. Dit mors net brandstof. Ry eerder stadig en egalig.
  • Versnel geleidelik. Dit vreet baie brandstof wanneer jy die lepel plat trap.
  • Moenie te veel met jou voet op die clutch en briek ry nie. Dit verhoog brandstofverbruik en slytasie.
  • Hou vensters toe op die oop pad. Oop vensters skep weerstand. Dit kan brandstofverbruik met tot een vyfde verhoog.
  • Deur die air-con af te skakel wanneer jy dit nie regtig nodig het nie, kan jy tot 10% brandstof bespaar.
  • Moenie onnodige bagasie soos gholfstokke, die ekstra stootwaentjie of bottels vir herwinning die hele tyd saam rondry nie. Hoe swaarder die vrag, hoe meer brandstof gebruik jy.

Laat die motor gereeld service. So verhoog jy die voertuig se doeltreffendheid.

  • Kontroleer die banddruk. Tyres wat nie styf genoeg is nie, verhoog die brandstofverbruik en kan ook gevaarlik wees.
  • Ry eerder in ’n lae rat teen opdraandes uit. Moenie die kar se enjin ooreis deur in ’n hoë rat te bly nie.

’n Lae rat hou die enjinspoed hoër en verbruik inderdaad minder brandstof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters