2 maande gelede
Pas julle kinders op
tragies:In Suid-Afrika raak daar elke vyf uur ’n kind weg. Foto: iSTOCK  ~ 

ONS hoor gereeld in ons gemeenskappe dat daar verdagte karre is wat by skole rondhang en dat ons kleintjies uitgelok word.

Ongelukkig leef ons in ’n wrede wêreld waarin barbare ons kleintjies wil steel om hulle te verhandel. Ons as ouers, broers, susters, anties en uncles moet wakker slaap teen hierdie barbare.

Volgens Missing Children South Africa raak daar elke vyf uur ’n kindjie in Suid-Afrika weg. En as jy mooi tel, dan is dit 1 600 kinders elke jaar. Minstens 23% van dié kleintjies word nooit gevind nie.

Die webwerf jougesin.­solidariteit.co.zaberig dat kinderhandel ’n wêreldwye kwessie is.

Aanvraag

Volgens die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds (Unicef) en World Concern word, volgens party beramings, meer as 1,2 miljoen kinders elke jaar slagoffers van smokkelhandel.

Die realiteit kan nie ontken word nie – daar is ’n aanvraag vir kleintjies om verhandel te word vir gedwonge arbeid of vir seksuele uitbuiting.

“Die belangrikste ding wanneer dit by vermiste persone kom, is om die kwessie onmiddellik aan te meld sodat die polisie ondersoek kan begin instel.”

Só het kapt. Gerald Mfeka, oud-polisiewoordvoerder, aan jougesin.­solidariteit.co.za gesê.

“Voorheen moes ouers 24 uur wag – nou is die reël gewysig na onmiddellik. Dis omdat die eerste 24 uur nadat ’n kind vermis raak, die kritiekste is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters