3 maande gelede
Oppie bol met inkontinensie
IN DIE KNYP? Verskeie goed kan veroorsaak dat jy sukkel om betyds die toilet te haal. Foto: health24  ~ 

DIKWELS joke ons oor die knypers wat later nie meer so lekker werk nie. Maar het jy geweet een uit vyf vroue sukkel om ontlasting binne te hou? Dit word fekale inkontinensie genoem.

Soms is dit gewoon ’n glips weens ’n loopmaag. In sommige gevalle kan dit as ’n chroniese toestand beskou word.

Health24 berig dit kan voorkom weens senuweeskade nadat jy gekraam het, as jy bestraling of ’n beroerte gehad het, of as jy Alzheimersiekte het.

Jy kan jou risiko hiervoor verlaag, sê mayoclinic.org. Oefen gereeld, eet veselryke kos, drink baie vloeistof en kry vinnig behandeling vir diarree. Moet ook nie so hard druk wanneer jy bollie nie. Dit kan die spiere seermaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters