Verlede maand
Onthou, jou vel is altyd jou pel
kyk daarna: Dooie velselle moet gereeld verwyder word om jou vel mooi en gesond te hou. Foto: GALLO IMAGES/ISTOCK  ~ 

JULLE, dis winter en ons trek lae en lae klere aan, maar vergeet heeltemal om om te sien na ons vel onder al daai lae klere.

Gedurende die winter is jou vel geneig om droog te voel, nes in die somer.

So, velsorg is uiters belangrik om toe te pas, want dit maak ’n groot verskil aan jou voorkoms en hoe jy gaan lyk wanneer jy ouer is.

Hier volg ’n paar uitstekende wenke van mymatzikama.com om jou vel en hare goed te versorg regdeur die winter:

Skrop

Dooie velselle moet gereeld verwyder word om jou vel gesond te hou. Dr. Pholile Mpofu, ’n dermatoloog van die skoonheidsmaatskappy Gallia, sê skropmiddels, skrophandskoene en chemiese afskilferaars werk almal, maar chemiese middels soos sitroensuur of alfa­hidroksielsuur is geneig om ’n sensitiewe vel te irriteer. Skrop twee keer per week en moet dit nie oordoen nie. En gebruik altyd ’n ryk bevogtiger nadat jy jou vel afgeskilfer het.

Voed jou lyf

In die winter is die lug gewoonlik droër en binnenshuise verhitting droog dit nog meer uit. Dit maak dat jou vel vog verloor. Verruil daarom jou ligter vloeiroom vir ’n olieryke room of botter, of voeg lyfolie by jou roetine.

Voed jou gesig

Die meeste mense vind daarby baat om meer bevogtigende produkte in die winter te gebruik, sê Pholile.

Verruil jou skuimende gesigreiniger vir ’n romerige een. En voeg ’n gesigolie by jou roetine. Gesigolies moet ryk wees, maar moenie jou porieë verstop nie.

Smeer eers net drie keer per week olie aan en gebruik dit gaandeweg meer totdat jy elke dag olie aansmeer.

Pas jou haarsorg aan

“Droogheid in die winter kan jou hare bros maak en laat breek,” sê Pholile.

Kies dus ’n matige sjampoe met bevogtigende bestanddele soos heuning, jojoba en aloe vera. Gebruik olies en maskers wat jou hare meer beheerbaar sal maak. ’n Haarmasker twee keer per maand sal ook help om jou hare te bevogtig.

In die winter gryp ons ook meer gereeld na die haardroër. Beperk hitteskade deur jou hare met ’n handdoek so droog moontlik te maak om die droogmaak-tyd te verkort. En gebruik altyd ’n produk wat teen hitte beskerm wanneer jy jou hare stileer.

Verlaag die temperatuur

Moenie in té warm water bad nie. Gooi badolies in die bad en gebruik ’n olieryke of romerige lyfwasmiddel. Olies vorm ’n beskermende lagie op jou vel en verminder vogverlies.

Los sterk badsoute of seperige borrelbaddens, want dit kan jou vel nog meer uitdroog.

Laat weet hoe dit vir jou werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters