2 maande gelede
Nuwe motor vs gebruikte motor
wees wys: Baie gebruikte motors het ook ’n heel goeie herverkoopwaarde.foto verskaf  ~ 

DIE volgende besluit is of jy ’n nuwe of gebruikte motor moet koop.

Nuwe motors het ’n waarborg en diensplan, maar gaan jou meer uit die sak jaag.

’n Gebruikte motor kan ook nog binne ’n diensplan val.

Jy sal egter goedkoper betaal, aangesien die motor reeds van sy waarde verloor het terwyl dit in die vorige eienaar se besit was.

Baie gebruikte motors het ook ’n goeie herverkoopwaarde. Doen dus jou tuiswerk om uit te vind watter opsie jou die beste sal pas.

As jy ’n gebruikte motor koop, is dit belangrik om ’n betroubare handelaar te gebruik om te verseker dat jy ’n wettige voertuig van hoë gehalte kry.

Dit is ewe noodsaaklik om ’n basiese agtergrondondersoek te doen om te verseker die motor is nie gesteel nie.

Finansiering

Gaan ook die diensrekord van die motor na, asook die onderstel- en enjinnommer.

Dit is ook belangrik om vas te stel of daar uitstaande finansiering op die motor is.

As daar is, word jý verantwoordelik vir dié bedrag. As jy nie hoes nie, kan daar op die motor beslag gelê word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters