2 maande gelede
Nuwe eienaars fokus op uitstekende klantediens
eienaars: Chris Moragemos en Glenn Gericke is by Cape Gate Build it. FOTO verskaf  ~ 

DIE nuwe eienaars van Cape Gate Build it, Chris Moragemos en Glenn Gericke, beloof die heel beste inkopie-ervaring vir hul klante.

Dis vanaf die huiseienaar, die klein bakkie-bouer tot die ontwikkelaar.

Die winkel is ’n eenstop-bestemming vir wat ook al die klant benodig: hardeware, loodgietery, verf of elektriese items.

Hierdie op en wakker sakevennote het ’n oormaat ervaring en het saam by die Wes-Kaapse Built it-hoofkantoor gewerk – Chris as bestuurder van nuwe besigheid en Glenn as projekbestuurder.

Hulle is passievol oor die bedryf. Nadat hulle verskeie winkels oor die hele Wes-Kaap en Namibië ontwikkel en opgeknap het, is hulle nou gereed om hul vermoëns en produkkennis in hul eie besigheid te stort.

“Geen werk is te klein nie. Ons is geneig om nie te stres nie. As daar ’n probleem is, dan maak ons dit reg,” het Glenn gesê.

Die aantal personeel is vergroot om diensvlakke te handhaaf en om te verseker jy kry wat jy benodig.

Jy sal vriendelike en goed ingeligte personeel vind.

Hulle doen gereeld opleiding om op hoogte te wees van tendense en produkontwikkeling.

Cape Gate Build it het drie reps op die pad om klante te dien. Chris en Glenn besoek boupersele om vordering waar te neem om te verseker hulle bied die beste diens, selfs nadat die produk hul perseel verlaat het.

Dis vir hulle belangrik om ’n verhouding van vertroue met hul klante te ontwikkel.

Of dit die aflewering van gas, die meng van verf of die bestelling van muurpapier is, wees gerus dat die eienaars en personeel dit met ’n glimlag sal doen. Hulle ondersteun die visie van die besigheid: om Cape Gate­ Build it die nommereen-hardeware- bestemming te maak.

“Ons is dankbaar teenoor ons personeel vir hul verbondenheid en ons klante vir hul lojaliteit,” stem Chris en Glenn saam.

“Ons nooi die publiek uit om in te kom sodat ons bewys dat Cape Gate Build it kán.”

Om ons verbintenis en diens aan ons klante te bewys, bied ons nou gratis aflewering in Khayelitsha, Mitchells Plain, Langa, Nyanga, Delft, Kraaifontein en omgewing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters