3 maande gelede
’n Swak dieet glo dodeliker as rook
gevaarlik: ’n Ongesonde dieet lei tot 1 uit 5 sterftes wêreldwyd. Foto: NCDALLIANCE.ORG  ~ 

NUWE navorsing toon nou dat ’n ongesonde dieet meer mense doodmaak as daardie entjies!

Volgens dié navorsing, wat gebaseer is op 27 jaar se studie in 195 lande, het omtrent 11 miljoen mense wêreldwyd in 2017 weens ’n slegte dieet gesterf. En dié soort dieet is selfs dodeliker as hoë bloeddruk.

Van die siektes wat kan ontstaan uit ’n ongesonde dieet, en een uit vyf mense se dood veroorsaak, is hartkwale, vetsug-verwante kankers en tipe 2-diabetes.

Junk food is ook nie ál culprit nie. Die slimkoppe sê jy moet minder verwerkte kosse eet en meer plantge­baseerde kosse inneem.

Vorige navorsing het aangedui tabak veroorsaak tot 8 miljoen sterftes, en hoë bloeddruk 10 miljoen sterftes. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters