2 maande gelede
’n Smaaklike outydse vleis-en-groentepotjie
Liplek-lekker: Ons vriet nie slaai nie, want ’n pot is nie te versmaai nie!foto verskaf  ~ 

Bestanddele:

50 ml olie

2 uie

2 kg beesvleis

Sout na smaak

500 ml water

8 wortels, geskil

8 aartappels, geskil

4 patty pans, gekerf

4 courgettes, gekerf

1 koppie groenboontjies, gekerf

1 koppie Brussels sprouts

200 g sampioene

2 tamaties, geskil en gekerf

Suurlemoenpeper na smaak

Metode:

1. Verhit die olie in die potjie en smoor die uie.

2. Voeg vleis by en gee sout.

3. Voeg 250 ml water by.

4. Maak die potjie toe en laat prut vir 2 uur, maar roer elke 20 minute.

5. Voeg ekstra water by wanneer nodig.

6. Pak groente bo-op die vleis in volgorde van die lys bestanddele, maar moet nou glad nie meer roer nie.

7. Voeg suurlemoenpeper by, maak die potjie toe en laat prut vir nog ’n uur.

Skep en geniet!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters