Verlede maand
Moenie mal gaan in feestyd
honger: Bly dié varkie voer dié Krismis.Foto: chatelaine.com  ~ 

DIE Big Days begin­ binnekort, maar dit beteken nie jy moet noodwendig big bucks uitgee nie.

Ons het ’n paar wenke by die webwerf goeiehuishou ding.co.za gaan soek.

Hopelik help dit dat jy nie te diep in jou sak moet krap dié Krismis nie.

Hou dié wenke in gedagte:

Sê net nee

Stel ? begroting op en hou daarby. Moenie swig vir ál die mooi goed in die winkels nie. As jou begroting dit nie toelaat nie, sê net nee.

Koop voor Kersfees

Oorweeg dit om jou Krismis­inkopies deur die jaar te doen. As jy tot net voor Kersfees wag, is die pryse gewoonlik buitensporig hoër.

Doen jou huiswerk

Kyk eers ? bietjie rond en vergelyk pryse. Let mooi op na specials en maak seker dat jy werklik waarde vir jou geld kry.

Sluk jou trots

Vra familie en vriende vir ? bydrae. Baie mense gee glad nie om nie en dis altyd lekker om ? ekstra bottel wyn of ? vrugtekoek in die huis te hê. As almal Kersdag by jou kom eet, kan jy ook jou gaste vir ? finansiële bydrae vra.

Speel ’n bietjie

Pleks daarvan dat jy en jou geliefdes vir mekaar duur geskenke koop, kan julle eerder vir elkeen ? Kerskous koop. Stel dan ? beperking van byvoorbeeld R100 op en koop ? klomp klein maar bedagsame geskenke.

Dis die gedagte wat tel

Jy kan baie geld spaar met tuisgemaakte geskenke soos ? fles konfyt of ? blik koekies wat jy self gebak het. Dis pret om dié geskenke te maak en dis altyd lekker om iets só spesiaals te ontvang. Persoonlike geskenke beteken soveel meer en dit kos jou weinig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters