12 dae gelede
Mites oor die grote grade
Innoverend: Tradisionele onderrig is nie alleenlik die effektiefste of enigste opsie vir tersiêre onderrig nie.  ~ 

MENSE in Suid-Afrika glo ’n graad gee jou die beste kans om ná jou studie ’n werk te kry.

Maar met die alewige innovering in veral tegnologie hou die inhoud van tradisionele grade nie by met die tye nie.

Mites

’n Mens kyk soms verby die opsies wat kleiner, meer dinamiese tersiêre instellings bied.

Dié opsies kos gewoonlik baie minder as graad-opleiding aan ’n tradisionele universiteit.

Juis daarom wil ons mites oor tersiêre opleiding die nek inslaan. Mites soos dié hieronder.

) Alle tersiêre opleiding hou by met die tye, trends en nuwe inligting.

Baie inrigtings assesseer hulle sillabusse net elke drie tot vyf jaar. Studente leer dan outdated vaardighede wat verhoed dat hulle ’n werk kry.

Die CEO en stigter van HyperionDev, Riaz Moola, sê: “Baie van dit wat by tradisionele instellings aangeleer word, is verouderd terwyl aanlyn training providers gereeld shift en transformeer om in die behoeftes van die toekoms te voorsien.”

) Jy moet in ’n groot stad bly om goeie opleiding te ontvang.

“Om aanlyn te studeer is nie net goedkoper as om by ’n universiteit te studeer nie. Dit is ook toegankliker, want die student hoef nie geld uit te gee op verblyf en vervoer, nie,” verduidelik Moola.

Slimfone kan ook gebruik word vir aanlyn kursusse om studente in staat te stel om selfs op die mees afgeleë plekke inligting te bekom.

) Jy móét ’n graad hê om werk in Suid-Afrika te kry.

Luidens ’n opname in 2016 sit byna ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners met ’n tersiêre kwalifikasie van ’n kollege of universiteit sonder werk.

’n Opname in 2017 deur die website Indeed wys 72% van werkgewers glo bootcamp graduates is net sulke high performers soos diegene wat ’n tradisionele graad het.

“Dit bewys dat tradi­sionele onderrig nie noodwendig die enigste of selfs die effektiefste manier is om tot die Suid-Afrikaanse job market toe te tree nie,” verduidelik Moola.

) Die meeste studente wat aansoek doen om ’n graad of ’n diploma, voltooi hulle studie.

Hierdie jaar het ’n studie deur die departement van hoër onderwys en opleiding onthul 47,9% van universiteit­studente voltooi nie hulle studie nie.

Die finansiële las om ’n kursus van drie of vier jaar te voltooi, maak dit baie moeilik vir studente om hulle graadkursus te voltooi.

) ’n Graad betaal vir homself.

Onlangse data toon dat ’n student in 2019 gemiddeld R64 200 vir die eerste jaar van universiteit uithaal.

Daar word verwag dat dié koste teen 2025 tot gemiddeld R107 600 kan opskiet.

In Suid-Afrika word studente dikwels daarmee belas om self die studiekoste te betaal. Baie studente neem dan studielenings.

Instap

Sodra die studente hulle studie voltooi en by ’n werk instap, moet hulle hul studielening begin terugbetaal.

Maar as jy nie by ’n werk kan instap nie, kan hierdie terugbetaling van die studielening baie stres vir so ’n jong persoon veroorsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters