2 maande gelede
Meld vermistes dadelik aan
haastig: Moenie 24 uur wag nie om ’n vermiste kind aan te meld nie.Foto: gallo images/istock  ~ 

WAT moet jy doen as jou kind vermis raak?

Volg die stappe van jougesin.solidariteit. co.zahier onder:

  • Hoe gouer die ondersoek begin, hoe groter die kanse dat die kind gevind sal word.
  • Gaan onmiddellik na ’n SAPD-kantoor. Meld die vermiste kind dadelik aan. Moenie 24 uur wag nie.
  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon.
  • Dit sal die polisie en publiek help om hom of haar te identifiseer.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste kind die laaste keer was.
  • Beskryf die klere wat die vermiste kind aangehad het toe hy of sy verdwyn het, sowel as enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help, soos sy of haar ouderdom, lengte, haarkleur, kleur van oë, en enige identifiseerbare merke soos letsels of geboortemerke.
  • Voltooi en onder­teken ’n SAPS 55(A)- vorm wat jy by die polisiekantoor kan bekom.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en hou hom of haar op datum oor enige bykomende inligting wat beskikbaar kan word.
  • Oorweeg dit om organisasies soos The Pink Ladies Organisa­tion for Missing Children en Missing Children South Africa te kontak.

The Pink Ladies is ’n onafhanklike groep vrywilligers, geaffilieer by en geassosieer met The Pink Ladies (’n geregistreerde artikel 21 NPO). Die organisasie is gestig met die hoofdoel om vermiste en bedreigde kinders en geliefdes met hulle gesinne te herenig. Die groep vra geen betaling vir hulle dienste nie. Dit word op ’n streng vrywillige basis verskaf.

Missing Children SA staan die SAPD by om mense op te spoor en om gtoter nasionale bewustheid te skep.

As ’n vermiste kind gevind word of selfs vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis en voltooi ’n SAPS 92-vorm om die Buro vir Vermiste Persone in te lig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters