Verlede maand
Meisiekind grootmaak is tricky
Karakter beteken meer: Beheptheid met voorkoms kan meisies se selfvertroue ondermyn. foto verskaf  ~ 

DIE webwerf jougesin.solidariteit.co.za gee wenke oor hoe jy jou meisiekind kan toerus om die druk van vrouwees te hanteer.

) Wees bedag daarop om haar nie onnodig te oorreed om “ja” te sê nie.

Ouers voel die druk om hulle dogters in lyn te hou. As hulle nie mooi ja en amen nie, kan hulle hulself én ons dalk sleg laat lyk.

Maar nie alles is ononderhandelbaar nie. Jou dogter moet die vrymoedigheid hê om “nee” te sê vir opsionele dinge soos om aan ’n sport deel te neem.

Ons dogters moet weet hoe om vir hulleself op te staan en met selfvertroue “nee” te sê. Sterk, uitgesproke vroue word aan ander maatstawwe as mans gemeet. Selfhandhawing by mans word dikwels gesien as opdringerigheid by vroue.

Help jou dogter verstaan ??dat sy sal moet bepaal wanneer om direk te wees en wanneer ’n meer diplomatiese benadering beter is om gesag uit te daag.

) Leer haar om op haar woorde te let.

Help jou dogter om na te dink oor die manier waarop sy haar in verskillende situasies uitdruk en wat haar doelwit met kommunikasie is.

Só kan jy haar bemagtig om haar woorde noukeurig te kies (of nie) soos nodig.

) Help haar om haar negatiewe, pessimistiese gevoelens te aanvaar.

Net soos ons almal raak jou dogter ook kwaad, hartseer en gefrustreerd.

Dié gevoelens kan tot angs lei as sy glo sy “behoort nie te so voel nie” en bekommerd is dat sy daarvoor veroordeel gaan word.

Ouers dra onbewustelik by tot die probleem deur hulle dogters se gevoelens as minder belangrik af te maak eerder as om dit te probeer verstaan.

Natuurlik moet jy haar aanmoedig om om te gee vir ander. Sy kry egter die boodskap dat sy nie negatiewe gevoelens mag hê nie. Dít ondermyn haar vermoë om haar eie emosies korrek te lees.

Wys eerder dat jy nuuskierig is oor hoe sy voel. Dit sal haar toelaat om te sê wat haar pla en haar die geleentheid gee om na te dink oor die betekenis van haar emosies.

) Moenie te veel klem lê op voorkoms nie.

Meisies en vroue ondervind geweldige druk om ’n perfekte lyf te hê en op ’n sekere manier aan te trek.

Die media maak dit duidelik dat die samelewing vroue grootliks waardeer vir hoe hulle lyk en nie wie hulle is nie. Dié beheptheid met voorkoms kan meisies se selfvertroue ondermyn.

’n Ouer se werk is om uit te wys wat goed is omtrent haar dogter: intelligensie, sin vir humor, kreatiwiteit, leierskap en ander innerlike eienskappe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters