Verlede maand
Mans suffer te veel in stilte
wat nou? Min mans soek hulp vir geestesongesteldheid, maar dan pleeg meer van hulle selfmoord as vroue.Foto: FRONTIERSIN.ORG  ~ 

COWBOYS don’t cry en ál daai, of hoe?

Ja, mans praat in die algemeen nie juis oor neerslagtigheid en selfmoord nie, maar dis verkeerd.

En tog is hulle oor die algemeen meer geneig om selfmoord te pleeg as vroue.

Nou sê die witjasse mans praat nie graag daaroor nie oor hulle bang is hulle sal in ’n inrigting gestop word.

Maar in baie gevalle is dit nie eens nodig om ’n potensiële selfmoordgeval vir psigiatrie-behandeling op te neem nie.

So sê dieselfde slim­koppe. Dis omdat baie gevalle as buitepasiënte be­handel kan word.

So, raadpleeg ’n dokter oor die beste behandeling. – health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters