2 maande gelede
Mammogram: Doen dit nou
wees wakker: Hoe vroeër borskanker gediagnoseer word, hoe gouer kan dit behandel word. Foto: wynantshealth.com  ~ 

OKTOBER is borskankermaand.

Die borsskan­dering­spesialiste dr. Shirley Lipschitz en dr. Liat Malek van die Breast Wellness-sentrum in Johannesburg lig ’n paar mites oor borskanker uit.

1. As jou familie nie ’n geskiedenis van borskanker het nie, is dit nie nodig dat jy ’n screening doen nie.

Minder as 10% van mense by wie borskanker gediagnoseer is, het borskanker in hulle familie en minder as 5% het ’n oorerflikheidsgeen.

2. Mammogramme is gevaarlik

Mammogramme is ’n bron van bestraling, soos enige ander­ X-strale, maar daar is nog nooit bewys dat hierdie tipe bestraling borskanker veroorsaak nie.

3. Net sekere vroue kan borskanker kry

Luidens statistieke wat in 2014 in Suid-Afrika op­geneem­ is, is die hoogste aantal borskankerlyers gevind by wit, Asiatiese en bruin vroue. Dit is ook die tweede mees algemene soort kanker onder swart vroue.

4. Borskanker affekteer net vroue

Borskanker kan ook by mans gediagnoseer word, maar die voorkoms hiervan is minder as 1%.

5. Ek hoef nie ’n mammogram te laat doen tensy ek ’n knop voel nie

Die doel van ’n mammo­gram­ is om borskanker so gou moontlik te diagnoseer, selfs voordat enige tekens of simptome ontwikkel. Dit verhoog die kans op oorlewing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters