Verlede maand
Maak seker jy is kredietwaardig
CHECK DIT: Om jou credit score gereeld na te gaan moet deel wees van elke Suid-Afrikaner se persoonlike finansiële gewoontes.  ~ istockphoto

BAIE Suid-Afrikaners gee net aandag aan hulle credit score wanneer dit heeltemal te laat is – gewoonlik wanneer hul aansoek om ’n lening afgekeur word.

Kriben Reddy, adjunkpresident van TransUnion Africa se vebruikersafdeling, sê: “Dit is kommerwekkend dat net 9% van die 25 miljoen credit active Suid-Afrikaners jaarliks na hul credit report kyk.”

Reddy voeg by jy nie hoef ’n sent uit jou sak te haal om jou credit report onder oë te kry nie.

Suid-Afrikaners kan een keer per jaar gratis hul kredietrekord trek van enige van vier krediet­buro’s vir verbruikers.

Reddy verduidelik: “Daar is selfs banke soos African Bank in samewerking met TransUnion wat jou maandeliks onbeperkte toegang tot ’n detailed credit report bied.

Gewoontes

“Selfs dít gaan jou nie weerhou om steeds jaarliks jou gratis credit report by ’n kredietburo van jou keuse te kry nie.”

George Roussos, die bedryfshoof van African Bank, meen om jou credit score gereeld na te gaan moet deel wees van elke Suid-Afrikaner se persoonlike finansiële gewoontes.

“Dit sal jou vertel van jou credit status, jou persoonlike terugbetalingsgeskiedenis en natuurlik die moontlikheid om krediet te kry,” sê Roussos.

Hierdie kredietverslag is ’n rekord van jou kredietgeskiedenis en payment behaviour oor 6 tot 24 maande.

Kredietburo’s werk dan jou credit score uit om jou credit behaviour te verduidelik.

Roussos sê: “Hoe hoër jou score is, hoe beter.”

Noudat finansiële moeilikheid Suid-Afrikaners in die gesig staar weens die gevolge van die corona-virus-krisis, is dit ’n goeie tyd om na jou kredietwaardigheid om te sien.

Die inperking het daartoe gelei dat baie mense se inkomste gesny is en dit kan vir verbruikers aanloklik wees om betalings te skip en meer krediet te gebruik.

Roussos sê: “Maar sulke optrede gaan net jou credit score in die toekoms negatief beïnvloed.

“Wat as jy in ’n stadium moet aansoek doen om ’n lening om vir jou kind se studies te betaal?”

Hy voeg by dat ’n mens nie die waarde van ’n goeie credit score moet onderskat nie.

“Dit is jou ticket tot beter interest rates op ’n lening en dit stel ’n mens mos gerus as jy weet jy kwalifiseer wel vir krediet.”

Navorsing wat deur TransUnion gedoen is, toon dat Suid-Afrikaners negatief geaffekteer is.

Respondente het gesê hulle voorsien dat hulle ’n tekort van sowat R7 000 in die afsienbare toekoms sal hê.

Sowat 88% van die respondente is bekommerd daaroor dat hulle nie hulle rekenings en lenings sal kan terugbetaal nie.

Stappe

Roussos sê: “En dit is steeds belangrik om ’n manier te vind om die rekening te betaal sodat hulle ’n goeie credit score kan handhaaf.”

Volgens hom moet jy daadwerklike stappe doen om ’n goeie credit score te handhaaf.

Roussos stel voor: “Jy moet byhou met jou betalings op jou voertuig, rekeninge en bonds.

“Betaal hierdie rekeninge ten volle en betyds, want dit is die eerste ding waarna gekyk word as jy aansoek doen om lenings en krediet.

“As jy dink jy sal nie by jou betalings kan uitkom nie, moet jy jou krediteure daarvan laat weet.

“Lig hulle in oor jou situasie, want daar is baie maniere waarop hulle jou kan uithelp.

“As ’n reël moet jy sowat 30% van jou krediet beskikbaar laat. Dit wys dat jy jou geldsake goed kan bestuur.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters