10 dae gelede
Maak planne vir die skooljaar
Gehalte: Wees slim as jy skoolbehoeftes koop. Foto: foto24  ~ 

HIER is ’n paar idees wat jy in gedagte kan hou wanneer jy items vir die skooljaar koop:

  • Moenie goed koop wat in die mode is nie. ’n Hannah Montana-kosblik of potloodsakkie gaan dit nie meer cut nie. Wanneer die kind by die skool kom, sien hy of sy ander kinders het trendy goed, dan wil jou kind ook so ’n kosblik hê – en jy moet weer geld uithaal.
  • Doen jou inkopies wanneer daar uitver­kopings is. Kinders dra gewoonlik die hele jaar kortmouhemde. Koop op winteruitverkopings hemde vir volgende somer.
  • Onderwysers gee ’n lys benodigdhede – en dié lys is lank genoeg. Volg dit en moenie ander goed gaan koop nie. Ekstra goed is dalk oulik, maar dit ruk jou sak onnodig.
  • Hou advertensies van supermarkte dop vir afslagpryse. Probeer om sommer by een plek alles te koop. Dit sal reisgeld en tyd spaar.
  • Laat die kinders skryfbehoeftes by jou oorneem. Hulle kan dit ewe maklik in die klas gebruik.
  • Reik uit na ander mammies in jou buurt met kinders in dieselfde skool. Organiseer ’n jaarlikse byeenkoms waar julle kan klere uitruil. Boeke en speelgoed kan ook hand-me-downs word wat jou baie geld kan bespaar.
  • Wanneer jy in beheer is van wat jou kind eet, kan jy ook baie geld bespaar. Kyk by supermarkte watter specials op kos daar is. As hoender nie on sale is nie, maar kalkoen is, koop dan kalkoen.
  • Skoolgoed raak maar weg. Koop helderkleurige penne, potlode, uitveërs en houers waarin jy items sit. Dit sal help dat dit nie so gou wegraak nie.
  • As jy by gewone winkels koop, hou altyd die gehalte in gedagte. Dit help nie jy moet iets oor ’n maand vervang nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters