2 maande gelede
Maak planne vir daai bonus
BEGROOT: Werk mooi uit wat jy met daai bonus van jou gaan doen.  ~ istockphoto

’N MENS se eerste reaksie met jou bonus aan die einde van die jaar is om te shop daarmee.

Sonder om dit te besef, word ons gereeld gedryf om ekstra geld te bestee.

So sê die wealth coach­ Li­anne Lutz.

Sy sê dit moet eerder strategies gebruik word om die finansiële las te verlig en selfs om finansiële onafhanklikheid te skep.

Sy glo aan ’n gebalanseerde benadering waarmee geld toegeken word aan bekostigbare besteding en met die fokus daarop om te spaar en skuld af te betaal.

Daar is strategieë om jou bonus ten beste te benut om jou finansiële destiny te reset. Pas die volgende toe:

  • Pre-commit

Voordat jy jou bonus kry, is dit ’n goeie idee om te besluit wat jy daarmee gaan doen.

Deur beperkings te stel, beteken jy sal minder tempted wees om jou geld te bestee aan items wat jou nie op die lang duur sal bevoordeel nie.

Lutz beveel aan dat jy jou bonus in verskillende kategorieë verdeel, soos 40% vir skuld, 20% vir spaar en 20% vir besteding.

Langste

Sy sê: “Op dié manier kry jy die beste van albei wêrelde: Spaar, konsolideer jou skuld en jy kan jouself bederf sonder om die slagoffer van impulsiewe aankope te wees.”

  • Spaar vir Januarie.

Shaun Rademeyer, ’n finansiële raadgewer, het aanfinansies.solidariteit.co.za gesê: “Keer dat Januarie die langste, armsaligste maand van die jaar word deur van jou bonus eenkant te hou om ekstra koste soos skoolgeld, mediese fonds en versekering te betaal.”

  • Betaal korttermynskuld en raak van jou kaarte ontslae.

Die rente op kredietkaarte, oortrokke rekeninge en klererekeninge is buitensporig hoog en onnodig. – destinycon nect.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters